Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Alaska: SA man aangekla van tweede moord

Die Suid-Afrikaanse man wat verlede week aangekla is van die moord op ’n vrou in Alaska in die VSA, is Donderdag van ’n tweede moord aangekla.

Brian Smith tydens sy eerste hofverskyning. Foto: AP

Brian Steven Smith (48), oorspronklik van Queenstown in die Oos-Kaap, het volgens die polisie in Anchorage, waar hy sedert 2013 woon, erken hy het nog ’n vrou van Alaska doodgeskiet. Smith, wat verlede maand Amerikaanse burgerskap verkry het, staan nou tereg op die moord van Veronica Abouchuk (52), sowel as die moord op Kathleen Henry (32).

Volgens hofstukke het Smith op 8 Oktober, kort nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Henry, erken dat hy in 2017 of 2018 nog ’n vrou doodgeskiet het. Hy het vir die polisie gesê waar haar lyk is.

Speurders het vir Smith foto’s van Abouchuk gewys, waarna hy erken het dat hy haar geskiet het. Abouchuk was haweloos en haar familie het haar in Junie 2018 laas gesien.

Smith is aanvanklik verlede week vir Henry se moord in hegtenis geneem nadat iemand ’n geheuekaart in ’n straat in Anchorage opgetel het. Op die kaart was foto’s en video’s van ’n moord op ’n vrou wat deur die polisie as Henry geïdentifiseer is. Speurwerk het die polisie na Smith gelei.

Meer oor:  Brian Steven Smith  |  Anchorage  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.