Altesame 985 kinders is die afgelope boekjaar in Suid-Afrika vermoor – 691 seuns en 294 meisies.
In die Wes-Kaap alleen is 60 meisies en 219 seuns sedert April verlede jaar tot Maart vanjaar vermoor, wat dié provinsie die hoogste kindermoord-syfer in die land besorg.
Kindermoorde maak 17,4% van die provinsie se totale moordsyfer uit.
Die provinsie se moordsyfer het in totaal met 12,6% toegeneem – van 3 311 tot 3 729. Dit is byna dubbel die nasionale toename van 6,9%.
Die kindermoordstatistieke vir die onderskeie provinsies is:
- Wes-Kaap – 279 (60 meisies, 219 seuns);
- KwaZulu-Natal – 221 (91 meisies, 130 seuns);
- Oos-Kaap – 180 (43 meisies, 137 seuns);
- Gauteng – 108 (31 meisies, 77 seuns);
- Vrystaat – 52 (21 meisies, 31 seuns);
- Noord-Wes – 49 (13 meisies, 36 seuns);
- Mpumalanga – 46 (16 meisies, 30 seuns);
- Limpopo – 31 (14 meisies, 17 seuns); en
- Noord-Kaap – 19 (5 meisies, 14 seuns).
Die aantal kinders wat daagliks vermoor word, is ook aan die styg.
- Altesame 2 930 vroue is landwyd vermoor, waarvan 370 (12,6%) in die Wes-Kaap.