Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers verwoes ambulans
Die ambulans van die departement van gesondheid in Limpopo is Woensdagaand in Ga-Masemola gekaap en van onderdele gestroop. Foto: Verskaf

Twee nooddienswerkers in ’n ambulans is Woensdagaand in Ga-Masemola in Limpopo gekaap kort nadat hulle ’n pasiënt by die Jane Furse-hospitaal afgelaai het.

Die Toyota Quantum-ambulans van die departement van gesondheid in Limpopo is vroeg Donderdagoggend verlate in ’n beboste gebied gekry nadat die kapers dit vir onderdele gestroop het.

Die deure is afgehaal en selfs die plastiekomhulsels binne by die paneelkissie is verwyder.

Kapers het selfs die binnekant van ’n ambulans van die departement van gesondheid in Limpopo gestroop. Foto: Verskaf

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê daar is ook mediese toerusting gesteel. Daar kan nog nie met sekerheid gesê word presies watter mediese toerusting en medisyne gesteel is nie.

Die bestuurder van die ambulans en sy kollega se selfone is ook deur die kapers gesteel. Hulle is nie beseer nie.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Dit is ondenkbaar hoe mense nooddienswerkers en ambulanse kan teiken. Gee niemand meer om dat hul familielede of vriende kan sterf weens ’n tekort aan ambulanse nie? Wat het van ons samelewing geword?,” sê Ramathuba.

Die verwoeste binnekant van ’n ambulans van die departement van gesondheid in Limpopo wat Woensdagaand in Ga-Masemola gekaap en gestroop is. Foto: Verskaf

Volgens haar veroorsaak misdrywe soos die kaping van ambulanse dat gemeenskappe nie die nodige gesondheidsorg kry nie.

Die departement van Limpopo koop elke jaar 50 ambulanse om die vloot ambulanse te vermeerder.

“Dit het egter ’n baie klein invloed op die uitbreiding van gesondheidsorg in veral afgeleë gebiede. As ambulanse nie gekaap word, word dit besteel,” sê sy.

Twee nooddienswerkers van Limpopo is van hul selfone beroof toe die ambulans waarin hulle was Woensdagaand in Ga-Masemola gekaap is. Foto: Verskaf

Die twee nooddienswerkers wat Woensdagaand gekaap is ontvang berading.

Woedende betogers het in Junie 2019 ’n ambulans naby Northam in Limpopo aan die brand gesteek. Twee nooddienswerkers is in dié aanval lig beseer.

Enigiemand met inligting oor Woensdagaand se voorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Kapers  |  Ambulans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.