Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ambulansdienste gestaak ná aanvalle op paramedici
aanval op paramedici
’n Ambulans van die Johannesburgse nooddienste is beskadig nadat die gemeenskap van Cosmo City dit met klippe bestook het. Foto: Verskaf

Ambulansdienste in Cosmo City, Johannesburg, is opgeskort nadat paramedici van die Johannesburgse nooddienste daar aangeval is.

’n Man is deur gemeenskapslede aangeval omdat hulle hom glo van moord verdink het. Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die groep wou die man met 'n brandende buiteband vermoor. Toe reddingswerkers hom te hulp snel het, het die gemeenskapslede hul ambulans met klippe bestook.

“Die personeel kon uiteindelik daarin slaag om die beseerde man van die toneel te verwyder en hulle is ongedeerd, maar hul splinternuwe voertuie is beskadig.”

News24 berig Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het 42 nuwe ambulanse beskikbaar gestel om die gemeenskap van Cosmo City te bedien.

Mashaba het na die voorval op Twitter gesê die “misdade is polities gemotiveerd om die diensleweringsagenda van die multi-partyregering te saboteer”. Mashaba wou ook weet “watter gemeenskap sal so iets doen aan so ’n kritieke gemeenskapsdiens?”

Mulaudzi sê alle ambulansdienste na Cosmo City is gestaak totdat personeel se veiligheid verseker kan word. Dit is volgens Mulaudzi die derde aanval op die stad se reddingswerkers binne vier dae.

Woensdag is ’n ambulans in Soweto aangeval en dieselfde dag het ’n brandweerwa in Dobsonville deurgeloop.

Mulaudzi sê dit is bitter sleg dat paramedici aangeval word, nie net omdat dit vir personeel traumaties is nie, maar ook omdat dit hulle verhinder om die gemeenskap te bedien.

Meer oor:  Ems  |  Herman Mashaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.