Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ammunisie gesteel: Houer toegang tot SA geweier

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is.


Die polisie het vroeër ’n vraghouer waaruit sowat 1,5 miljoen patrone vir verskillende kalibers vuurwapens gesteel is, toegang tot Suid-Afrika geweier.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, sê die polisie het juis die vraghouer in die Durbanse hawe voorgekeer omdat dit vol ammunisie was.

“Ons het vroeg in Julie uitgevind dat ’n vraghouer vol ammunisie in Durban se hawe is. Ons het nie die nodige goedkeuring gegee vir die vraghouer om van die skip afgelaai te word om die land in te kom nie,” het Mkhwanazi Dinsdag op ’n mediakonferensie in Inanda gesê.

Hy het gesê nadat ammunisie gedurende die onluste in Julie uit ’n vraghouer in Mobeni in Durban gesteel is, het die polisie in sy ondersoek bevind dit is die einste vraghouer wat toegang tot die land geweier is.

“Ons probeer nou vasstel wie goedkeuring vir die vrystelling van die vraghouer gegee het. Ons ondersoek ook die feit dat die ammunisie tydens die diefstal by ’n skeepsmaatskappy gestoor is. Dit is teen die wet.”

Mkhwanazi het gesê van die gesteelde ammunisie is reeds teruggevind, maar hy kon nie sê hoeveel daarvan nie.

Ons probeer nou vasstel wie goedkeuring vir die vrystelling van die vraghouer gegee het. Ons ondersoek ook die feit dat die ammunisie tydens die diefstal by ’n skeepsmaatskappy gestoor is. Dit is teen die wet.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi

Daar word ook beweer dat iemand in die polisie glo gesloer het om toestemming te gee dat die vraghouer met sy inhoud na Gauteng vervoer kon word.

Netwerk24 het vroeër berig dat die vraghouer op 10 Julie vanuit Singapoer in Suid-Afrika aangekom het. Dit was glo bestem vir ’n onderneming in Gauteng.

Volgens bronne is slegs dié spesifieke vraghouer in die nywerheidsgebied in Mobeni geteiken. Ander voertuie en vraghouers is glo aan die brand gesteek, maar niemand kan met sekerheid sê of die brandstigting met die diefstal van die ammunisie verband hou nie.

Die bronne het gesê dat die polisie ook die moontlikheid ondersoek dat iemand in die polisie die diewe van inligting voorsien het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.