Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Amptenaar ry bo-oor wetstoepasser
Die man wat in hegtenis geneem is, het in dié vragmotor teen die ander voertuie vasgery.

’n Munisipale amptenaar van die Polokwane-munisipaliteit in Ladanna is agter tralies nadat hy glo eers ’n wetstoepasser omgery het en toe sewe motors beskadig het in ’n poging om die polisie te ontduik.

Die wetstoepasser (55) het ernstige beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem nadat die amptenaar glo ’n paar keer oor hom gery het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Vrydag by die munisipale kantore gebeur.

Volgens Mojapelo het die 36-jarige amptenaar homself in ’n munisipale vragmotor toegesluit en gewelddadig begin optree.

Die amptenaar was glo in besit van ’n “gevaarlike wapen”. Hy het kollegas wat die vragmotor genader het om te probeer vasstel wat aangaan, met geweld gedreig.

“Hy het toe weggetrek met die vragmotor en ’n paar keer oor die wetstoepasser gery.

“Toe die polisie by die toneel opdaag, het die man die vragmotor uitgeswaai en in sewe voertuie wat in die parkeerterrein geparkeer gestaan het, vasgery, insluitend twee polisievoertuie.”

Die polisie het daarin geslaag om die man in hegtenis te neem nadat hy beheer oor die vragmotor verloor het en in ’n muur ingeploeg het.

Die verdagte en die beseerde wetstoepasser is hospitaal toe geneem vir behandeling.

Mojapelo sê aanklagte van poging tot moord en sewe aanklagte van opsetlike saakbeskadiging staar die man in die gesig.

Die motief vir die voorval is nog onbekend. Die polisie se ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.