Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Amy’Leigh: Polisie ‘het nou al die verdagtes’

Die polisie “is tevrede dat al die vermeende ontvoerders van Amy’Leigh de Jager (6) nou vasgetrek is” en dit is “onwaarskynlik dat nog mense in hegtenis geneem gaan word”.

AmyLee de Jager (6)
Amy'Leigh de Jager

So sê genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, in ’n verklaring wat Maandagaand uitgereik is. Hy het daarin bevestig dat ’n 24-jarige man in Muvhango, Vanderbijlpark, in verband met die meisie se ontvoering in hegtenis geneem is.

Dié vierde verdagte sal Woensdag in die landdroshof hier verskyn en die staatsaanklaer gaan versoek dat hy tot 1 Oktober aangehou word om saam met die drie ander beskuldigdes in die saak vir ’n borgtogaansoek te verskyn. Die ander beskuldigdes is in hegtenis geneem twee dae nadat Amy’Leigh op 2 September voor die Laerskool Kollegepark ontvoer en binne sowat 18 uur teruggevind is.

Lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksoortredings het ná ’n “lang soektog waarskynlik die laaste verdagte” aangekeer, lui die verklaring.

Die polisie doen egter steeds ’n beroep op mense wat moontlik inligting oor die voorval het om die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

Amy’Leigh is na bewering op die kleinhoewe van een van die beskuldigdes aangehou. ’n Losprys van R2 miljoen is geëis, hoewel dit nooit betaal is nie.

Sy is later in ’n straat in Vanderbijlpark afgelaai, waar weldoeners haar gevind en haar aan haar ouers terugbesorg het.

Die ander drie beskuldigdes het reeds in die hof verskyn op aanklag van ontvoering en afpersing.

Meer oor:  Amy’Leigh De Jager
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.