Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
ANC: Cele moet dadelik ingryp ná politieke moorde

Die ANC het die “wrede, hartelose en koelbloedige moorde” op politici in Kwazulu-Natal (KZN) veroordeel.

Pule Mabe, nasionale ANC-woordvoerder, het Saterdag in ’n mediaverklaring gesê die party is geskok oor die “bose daad” wat tot die dood van drie gemeenskapslede in minder as ’n week gelei het.

“Die voortdurende moorde op gemeenskapsleiers in die provinsie laat die ANC diep bedroef.”

Bheki Cele. Foto: Craig Nieuwenhuizen.

Volgens Mabe is twee politieke leiers Vrydag in KZN doodgeskiet.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om die moorde van die ANC se Msawenkosi ‘Maqatha-Qashana’ Mchunu in die Moses Mabhida-streek en die IFP se Sbuyiselo Dlamini in Ulundi te ondersoek.”

Mabe sê twee mans het Mchunu Vrydag by sy huis in Kwapata naby Pietermaritzburg geskiet. “Hulle het glo in sy huis gestorm en op hom losgebrand, sonder om ’n woord te sê. Hy is na ’n hospitaal gehaas, maar is later aan sy beserings dood.”

Mchunu was vanaf 1996 tot 1998 voorsitter van die ANC-jeugliga in die Natalse binneland. “Sy leierskapsvaardighede het daartoe gelei dat hy herverkies is tot die ANC-jeugliga se leierskap.”

Mchunu was vanaf 2000 tot 2011 ’n raadslid in Kwapata se wyk tien. Hy was nou provinsiale organiserende sekretaris van die South African National Civic Organisation.

Maandag is die ANC se Sifiso Cele, ’n Oshabeni-taktesourier by die Ray Nkonyeni-munisipaliteit aan die laer Suidkusstreek, voor sy familie vermoor.

Mabe sê die ANC doen nou ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, om dringend by die naderende veiligheidskrisis in KZN in te gryp.

“Dis duidelik hier word nou op stelselmatige wyse van politieke leiers ontslae geraak om twyfel te saai met volgende jaar se demokratiese verkiesings. Die ANC doen ook ’n beroep op mense in KZN om te kalmeer en gewelddadige voorvalle by die polisie aan te meld, sodat diegene wat hierdie afskuwelike misdade pleeg, aangekeer kan word.”

Die ANC het sy meegevoel met die afgestorwenes se families betuig.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.