Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
ANC-kantore in Upington met petrolbom bestook

Die ANC se kantore in Schröderstraat in Upington is Woensdag net ná 19:00 met ’n petrolbom bestook.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens Stephen van Tonder van die Upington-buurtwag, wat hulle dadelik na die toneel gehaas het, is geen skade aangerig nie.

Hy sê die voorval is wel deur kringtelevisiekameras vasgevang.

“Die voertuig, vermoedelik ’n silwer of grys Jetta, het eers in die rigting van Checkers gery, waarna dit omgedraai het en langs die ANC se kantore gestop het. ’n Passasier het uitgeklim en die petrolbom aan die brand gesteek en dit teen die gebou gegooi. Die motor het daarna weggejaag.”

Lede van die Upington-polisie het Woensdag die toneel ondersoek waar ’n petrolbom na die ANC se kantore in Schröderstraat gegooi is. Foto: Verskaf

Hy sê ’n persoon wat naby die toneel was, kon met ’n brandblusser vinnig die vlamme blus.

Van Tonder sê hoewel dit voorkom asof die ANC se kantore geteiken is, kan daar nie in dié stadium bevestig word of die kantoor wel ’n teiken was nie.

Lede van die Upington-polisiekantoor was gou op die toneel.

David Kazi, ANC-streeksekretaris van die Z.F. Mgcawu-streek, was ook Woensdagaand op die toneel. Hy kon egter nog nie om kommentaar bereik word nie.

Deshi Ngxanga, provinsiale sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap, het Woensdagaand gesê hy sal spoedig kommentaar lewer sodra hy meer inligting oor die voorval ontvang het.

Die Z.F. Mgcawu-distriksmunisipaliteit se gebou is ook op 26 Maart met twee petrolbomme uit ’n verbygaande motor bestook.

Die voorval het gekom nadat Sicelo Mbondezi, ’n werknemer van die distriksmunisipaliteit en lid van die ANC, dieselfde oggend ná ’n tydelike skorsing in ’n tugverhoor was.

Kazi het ná dié voorval sy skok en afgryse uitgespreek en dit as immoreel en totaal onaanvaarbaar beskryf om openbare instellings te bombardeer.

Verskeie voorvalle van geweld wat na bewering verband hou met faksiegevegte binne die ANC het hulle oor die afgelope weke in Upington afgespeel.

Op Vryheidsdag is die ingange na Upington op die N14 en die N10 met brandende bande versper.

Ook Ngxanga het vroeg in Maart deurgeloop toe ’n groep van sowat 200 mense sy huis met klippe bestook het.

Hy het toe gesê hy glo die voorvalle hou verband en is uit weerwraak nadat Mbondezi nie op die ANC se algemene takvergaderings vir ’n leierskapposisie benoem is nie.

Dit is in dié stadium nog onduidelik waarmee die bomaanval Woensdagaand verband hou.

Meer oor:  Petrolbom  |  Kantoor  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.