Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
ANC-lid by takvergadering in Vaal doodgeskiet

Die polisie in Vereeniging het Donderdag bevestig dat Sindy Brightness Mhlongo (33), ’n lid van die ANC in Rust Ter Vaal, Woensdag gedurende ’n takvergadering van dié party doodgeskiet is.

Die vergadering is belê om ’n kandidaat vir ’n komende munisipale tussenverkiesing te kies.

Kapt. Teboho Lephoto, polisiewoordvoerder, sê die skietery het Woensdag omstreeks 19:00 gebeur.

“Gemeenskapslede het ons gekontak wat gesê het dat daar ’n skietvoorval was waartydens ’n 33-jarige vrou doodgeskiet is. Die plaaslike ANC het ’n vergadering belê ter voorbereiding van ’n tussenverkiesing,” sê Lephoto.

Ons weet nie wat die motief vir die skietdood is nie, of dit ’n dwaalkoeël was en of sy die teiken was nie.

“Iemand het die ligte afgeskakel en mense het die gebou verlaat en skote is geskiet. Die oorledene is in die kop geskiet.”

Lephoto sê die aanvaller is nog nie geïdentifiseer nie.

“Ons weet nie wat die motief vir die skietdood is nie, of dit ’n dwaalkoeël was en of sy die teiken was nie. Ons doen ’n beroep op gemeenskapslede om vorendag te kom met inligting. Ons het nog geen verdagtes nie,” sê Lephoto.

Sphiwe Mgcina, die ANC in Sedibeng se streektaakspan-koördineerder, wat teenwoordig was by die vergadering, het Donderdag sy weergawe gegee van wat gebeur het.

Hy sê dat “alle hel” by die Rust Ter Vaal-gemeenskapsaal uitgebreek het waar die gemeenskap vergader het vir die bekendstelling van die ANC-kandidate wat gaan staan as wyksraadslede in ’n komende tussenverkiesing wat in Maart gehou word.

Mcina sê dele van die gehoor in die saal het hul misnoeë te kenne gegee oor een kandidaat wat gepraat het, en iemand het die “hoofskakelaar” afgeskakel om die saal in donkerte te hul.

Dit het ’n stormloop na die uitgange veroorsaak en skote is gehoor wat buite die saal geskiet is soos wat mense uitgestroom het. “Ons het later verneem dat een van ons kamerade dood is”, sê Mgcina.

Bones Modise, provinsiale woordvoerder van die ANC in Gauteng, het die moord veroordeel en ’n beroep op die polisie gedoen om die verdagtes te identifiseer.

Christo Smith, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het Donderdag in ‘n verklaring gesê dit is onrusbarend dat politieke vergaderings waar die ANC betrokke is, nou lewensgevaarlik vir hul kiesers word.

“Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die slagoffer se familie en naasbestaandes en doen ‘n beroep op die polisie om die skuldiges op te spoor.

Kiesers het die reg tot vrye beweging en om verkiesingsvergaderings by te woon sonder om leed aangedoen te word,” sê Smith.

Meer oor:  Anc  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.