Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Angsnag in Richardsbaai – buurvrou vertel

’n Buurvrou het Dinsdag die angsnag beskryf toe huisrowers ’n pa, sy seun en ’n besorgde buurman in ’n woonkompleks in Richardsbaai doodgeskiet en ’n vrou gewond het. 

Rowers geklee in maskers het Dinsdag ’n pa, sy seun en ’n buurman by die Arbor Villas in Arboretum, Richardsbaai doodgeskiet. Foto: Google Maps
Netwerk24Foto: Google Maps

Tamryn Rossouw het in die middernagtelike ure wakker geskrik toe die skote in Arbor Villas in die woonbuurt Arboretum geklap het.

“Ek het my foon gegryp en gesien ’n vrou in een van die eenhede het op die kompleks se WhatsApp-groep hulp gevra. Ek het dadelik die noodknoppie gedruk," sê sy.

“ ’n ADT-veiligheidswag was blitsvinnig voor my deur. Toe dit veilig is, het ek my na die huis gehaas.”

Rossouw sê haar buurvrou se histeriese gille het haar by ’n bebloede deur begroet.

Die vrou was in haar lies gewond.

Ek het my foon gegryp en gesien ’n vrou by een van die eenhede het op die kompleks se Whatsapp-groep hulp gevra.
Tamryn Rossouw

“Terwyl sy om hulp geskree het om haar kinders te help opspoor, het ek die oudste seun op die grond sien lê. Daar was so baie bloed, ek het geweet hy is dood.

“In die kamer het ek haar man op die vloer sien lê en daar was oral bloed. Ek het by die trappe opgehardloop om die gesin se dogtertjie te gaan soek. Ek het haar buite gekry en styf vasgedruk.”

Die meisie en haar ander broer was ongedeerd.

’n Buurman wat die gesin te hulp gesnel het, is egter ook doodgeskiet. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Rossouw wat sowat drie jaar hier woon, sê sy kan steeds nie glo wat gebeur het nie.

“Ons het voorheen inbrake gehad, maar nog niks so erg nie,” sê Rossouw.

Davie Coetzee, voorsitter van die Arbovlei-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê drie gemaskerde mans het op die eenheid in Arbor Villas toegesak, ingebreek en op die huismense begin skiet.

Arbor Villas grens aan ’n beboste gebied soos hier op ’n Google-kaart gesien. Foto: Google Maps
Netwerk24Foto: Google Maps

“Hulle het swart klere en swart maskers gedra. Die rowers was met messe en ’n handwapen gewapen,” sê Coetzee.

Volgens Coetzee het die mans aan die agterkant van die kompleks die draad geknip en oor die heining gespring.

“Die mans het die pa geskiet toe hy probeer keer het dat hulle die huis binnekom. Die seun wou help en is ook doodgeskiet.”

Coetzee sê voordat die rowers met ’n handsak, selfoon en ’n paar stukke juweliersware van die toneel gevlug het, het die vrou een van die mans se masker afgeruk.

Hulle het swart klere en swart maskers gedra. Die rowers was gewapen met messe en ’n handwapen.
Coetzee

“Vier voorvalle waarin dieselfde optrede voorgekom het, is die afgelope maand aangemeld.”

Coetzee sê in die ander voorvalle was die rowers ook gemasker.

Volgens die GPF het die rowers in ’n motor, wat in ’n beboste gebied naby die kompleks geparkeer was, ontsnap.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het Dinsdagnag se skietery bevestig en sê ’n man (42) en sy seun (17) is doodgeskiet en die man se eggenoot is in die lies gewond.

“ ’n Buurman (61) is doodgeskiet toe hy ondersoek na die geskreeu by die huis gaan instel het.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Richardsbaai  |  Huisrowers  |  Doodgeskiet  |  Moord  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.