Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
App-eienaar sê hy wis niks van vrou wat glo betas

“Ek het nog nooit eens die vrou ontmoet nie.”

So sê Joggie Rautenbach, direkteur van die skoolsaamrygeleentheidsdiens LiftLink, oor die Pretoriase vrou wat daarvan aangekla word dat sy minderjarige seuns betas het en met minstens een van hulle orale seks gehad het.

Rautenbach ontken dat daar ’n vennootskap is tussen hom en die vrou se maatskappy Mont6 Technologies, wat selfoon-apps ontwerp.

Rapport het verlede week berig dat Gerhard Viljoen, die ontwerper van die Schoolride-app, drie maande gelede 'n geskrewe aanmaning aan die vrou gestuur het omdat Mont6 na bewering sy idee van 'n app-gegronde saamryklub gesteel het en “onwettig” as LiftLink bemark het.

Mont6 het die LiftLink-app op sy Facebook-blad geadverteer en word op die Google Play Store gelys as die “aanbieder” van die app.

Rautenbach, wat verlede week nie beskikbaar was vir kommentaar nie, het die afgelope week aan Rapport gesê hy het direk met die vrou se man ’n kontrak gesluit om die LiftLink-app vir hom te ontwikkel en het nooit enige ooreenkoms met Mont6 aangegaan nie.

Hy ontken dat hy die idee vir Lift­Link by haar ontvang of by Viljoen gesteel het.

“Ek het die idee gekry by ’n vriendin wat gesê het sy wens daar bestaan so iets. Eers nadat ons drie maande lank aan LiftLink gewerk het, het ons gehoor van Schoolride,” het Rautenbach ­gesê.

Hy ontken enige ooreenkomste tussen Schoolride en LiftLink se sagteware.

Die 37-jarige vrou is verlede week in die landdroshof in Pretoria op borgtog van R7 500 vrygelaat.

Haar beweerde slagoffers was so jonk as 13 en 14 jaar oud.

Sy het na bewering ook naakfoto’s van haarself aan die seuns gestuur en ’n video waarin sy haarself bevredig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.