Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Apteker vas vir vervalsing van 500 voorskrifte

Wisani Ngobeni, ’n gekwalifiseerde apteker van Mpumalanga, is Vrydag skuldig bevind aan bedrog vir die vervalsing van ongeveer 500 doktersvoorskrifte.

Die staat se mediese fonds (Gems) moes hiervoor nagenoeg R520 per (vervalste) lid per maand opdok. Die 43-jarige apteker het drie jaar lank, van 2012 tot 2014, die bedrog gepleeg.

Wisani Ngobeni het ongeveer 500 voorskrifte tussen 2012 en 2014 vervals. Foto: Facebook

Ngobeni is die eienaar van die Wisemed-apteek in Acornhoek, Mpumalanga.

Volgens Monica Nuyiswa, die nasionale vervolgingsgesag se woordvoerder in die provinsie, het die man sy werknemers by die apteek gedwing om dokters se voorskrifte te vervals (wat dan aan Gems voorgelê is om vir die medisyne te betaal).

Tydens die verhoor, wat reeds in Februarie 2017 begin het, ontken Ngobeni skuld op al die aanklagte teen hom.

Patrick Nkuna, senior staatsadvokaat vir die gespesialiseerde eenheid vir kommersiële misdaad, het die staat se saak aangevoer.

Ngobeni was glo verantwoordelik vir voorskrifte asook die reseptering van medisyne aan pasiënte, het een van sy voormalige werknemers getuig.

Drie dokters het ook getuig. Volgens Nuyiswa het al drie aan die hof bevestig dat forensiese ondersoekers van Ernest & Young hulle gevra het of hulle voorskrifte aan die spesifieke pasiënte gegee het. Die dokters het ontken dat hulle enige medisyne voorgeskryf of die pasiënte ondersoek het.

Lede van Gems het ook as staatsgetuies opgetree. Nuyiswa sê die lede ontken dat hulle deur die dokters wie se name op die voorskrifte verskyn, ondersoek is en dat hulle enige medisyne by Ngobeni gekoop het.

Hulle het getuig dat hulle na die apteek ontbied is om fakture “vir ouditdoeleindes” te onderteken.

Vonnisoplegging vind op 13 Desember in die streekhof in Nelspruit plaas.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Vervalsing  |  Misdaad  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.