Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
As jy nou gearresteer word, mag jy om borg aansoek doen
Young man in handcuffs

Mense wat in die inperkingstyd in die Vrystaat in hegtenis geneem word, sal nie tot 16 April in aanhouding hoef te bly nie. Hulle sal in die landdroshowe in die provinsie vir borgtog kan aansoek doen en uitgelaat word, as hulle daarvoor kwalifiseer.

Nuwe strafregtelike sake en verhore wat reeds op hofrolle vir dié tyd geplaas is, sal egter uitgestel word en getuies wat daarvoor gedagvaar is, hoef dit nie by te woon nie, blyk uit die voorskrifte wat landdroste M.C. Mokgobo, waarnemende hooflanddros van Bloemfontein (kluster A) en A. Motlekar, hooflanddros van Welkom (kluster B) vir hul onderskeie gebiede uitgereik het. Die getuies sal van die nuwe verhoordatums in kennis gestel word.

Alle landdroshowe in die provinsie sal gedurende die inperkingstyd oop wees om noodsaaklike dienste vir strafregtelike, siviele en dringende sake oor kinders, onderhoud, gesinsgeweld en teistering te lewer.

Mokgobo sê waar beskuldigdes wat op borgtog en waarskuwing uit is en weens die inperking nie hul verhoor kan bywoon nie, sal lasbriewe vir hul inhegtenisneming gemagtig en die uitreiking daarvan oorgehou word tot hul volgende hofdatums. Die vervolgingsgesag en polisie sal dié beskuldigdes oor die nuwe datums inlig.

Motlekar sê die verhore wat reeds op die rol vir uitspraak en vonnis geplaas is, moet as belangrik en dringend geag word omdat ’n verdere uitstel tot ’n onreg kan lei. Só ook pleite op aanklagte.

Alle landdroshowe in die provinsie sal gedurende die inperkingstyd oop wees om noodsaaklike dienste vir strafregtelike, siviele en dringende sake oor kinders, onderhoud, gesinsgeweld en teistering te lewer.

Mokgobo sê in Bloemfontein waar die hof ’n verbinding met geslotebaantelevisie met die tronk het, sal verhoorafwagtendes se aangeleenthede, wat ook onbestrede aansoeke vir borgtog (skedule 1, 5 en 6) insluit, hanteer word sonder dat die aangehoudenes na die hof gebring word.

Ander verhoorafwagtendes wat in ander tronke in die provinsie aangehou word wat nie oor die geslotebaantelevisiegeriewe beskik nie, se verhore sal in hul afwesigheid uitgestel word en die tronke sal van die nuwe verhoordatums in kennis gestel word.

Mokgobo sê mense wat vir minder ernstige misdade (skedule 7) in hegtenis geneem word, mag deur die polisie op waarskuwing vrygelaat word om ná die inperkingstyd in die hof te verskyn.

Montlekar sê alle jeugdige verhoorafwagtende aangehoudenes se verhore sal vir 14 dae op ’n keer uitgestel word.

Nuwe en bestaande sake rakende gesinsgeweld en teistering sal egter sover moontlik in dié tyd hanteer word. Waar een of meer van die partye weens die inperking nie teenwoordig is nie, sal die verhore in hul afwesigheid uitgestel word en sal hulle van ’n nuwe datum in kennis gestel word.

Montlekar sê in haar gebied sal al alle verhore wat vir dié tyd op die rol van die siviele landdroshof geplaas is in oorleg met die partye tot ná 2 Junie uitgestel word, indien dit nie dringend is nie.

Mokgobo sê in dié tyd sal ook geen sake in die siviele howe op die rol van die verstekvonnishof geplaas word nie. ’n Landdros sal beskikbaar wees om met sake wat reeds op die rol geplaas is te handel. Geen nuwe verhore of aansoeke sal in dié tyd op die siviele hofrol geplaas word nie tensy dit dringend is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.