Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Asbes gaan Ace nog hoofpyn gee

Van ’n enorme R230 miljoen om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer is net R21,3 miljoen aan die diensverskaffer betaal.

Ace Magashule

Korruptes het weggestap met ’n “wins” van meer as R200 miljoen.

In nog ’n skokkende bevinding van die stroping van staatsbronne het Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), gesê ’n bedrag van R139 miljoen is oorbetaal selfs nadat die ouditeur-generaal (OG) aangedui het die toekenning van die kontrak was onreëlmatig.

Dié skandaal kan Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal en gewese Vrystaatse premier, nog hoofbrekens besorg, sê Pieter-Louis Myburgh, bekroonde skrywer van die boek Gangster State, waarin hy onder meer dié korrupsie uitlig.

Myburgh het ’n week gelede die gesogte Taco Kuiper-prys vir ondersoekende joernalistiek ontvang vir dié boek, waarin hy onder meer vir Magashule en sy meelopers betrek by die onwettige asbeskontrak.

Magashule het 13 maande gelede gedreig met regstappe oor die beweringe, maar daar het nog dadels van gekom.

Daarvolgens moes ’n sekere ‘AM’ R10 miljoen ontvang.

Myburgh glo dis omdat Magashule wéét nog geraamtes kan uit die kas tuimel in ’n lastersaak.

“Die OB se verslag bevestig net weer dat die R230 miljoen wat die Vrystaatse regering aan die kontrak bestee het, ’n astronomiese mors van belastingbetalers se geld was. Dit is in randwaarde ’n ewe groot korrupsieskandaal as die fiasko om die Vrede-suiwelplaas,” sê Myburgh.

Die Vrede-projek – wat bedoel was vir opkomende boere maar waarin ook minstens R200 miljoen gesteel is – het ook in Magashule se ampstermyn gebeur. Myburgh sê die vraag is nou of die sakemense wat die asbesdak-kontrakte gekry het, die geld met hooggeplaaste politici soos Magashule gedeel het.

Igo Mpambani, ’n sakeman wat betrokke was by die kontrak, is in 2017 in Sandton doodgeskiet.

“Daar is dokumente van Mpambani se rekenaar wat aandui dat geld wel met politici gedeel is. Die OB het nie hierdie geldspore ondersoek nie, maar ek verstaan dat ondersoeke van die spesiale ondersoekeenheid en die Valke goed vorder in daardie opsig.”

Myburgh skryf in sy boek Mpambani het ’n spreiblad met kosteberekeninge vir die asbes­projek op sy rekenaar gehad. Daarvolgens moes ’n sekere “AM” R10 miljoen ontvang.

Gelekte e-posse toon verder Maga­shule se private sekretaresse, Moroadi Cholota, het namens hom geld versoek van Mpambani ten tyde van die uitvoer van die asbesprojek.

Mxolisi Dukwana, voormalige Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, het voor die Zondo-kommissie oor staatskaping getuig Magashule was die hooffiguur (“Blesser to many”) in talle onwettig toegekende tenders, insluitende die asbeskontrak.

Magashule was van 2009 tot 2018 premier van die Vrystaat.

Die OB het bevind die asbes­kontrak is sonder ’n wetlike tenderproses en dus onregmatig toegeken aan die Gautengse maatskappy Blackhead Consulting en sy vennoot Diamond Hill Trading.

Die totale kontrakbedrag was R255 miljoen (belasting uitgesluit), maar volgens Myburgh is net R230 miljoen uiteindelik uitbetaal.

Nadat Blackhead die kontrak bekom het, is Mastertrade 232 gekontrakteer om die werk teen R44,2 miljoen te doen.

Mastertrade 232 het toe weer ’n maatskappy, ORI Group, R21,3 miljoen betaal om die eintlike werk te doen om 36 344 eenhede met asbesdakke te identifiseer.

Leona Kleynhans, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê ná ’n mislukte hofsaak oor die saak en die OG se bevinding in 2015 het die Vrystaatse regering voortgegaan om R139 miljoen (in vyf betalings) aan Blackhead en Diamond Hill te doen.

“Beide die LUR vir die departement in dié tyd, Olly Mlamleli, wat die DA se wyd gepubliseerde hofsaak bygewoon het, en Maga-shule, wie se premierskantoor verantwoordelik is vir die goedkeuring en opstel van kontrakte en litigasie, moes geweet het iets drasties is verkeerd.”

Volgens Kleynhans glo die DA politici in die Vrystaat is medepligtig hierin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.