Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baaise polisiehond sit vermeende boewe ore aan
Sers. Volente Baatjies van die polisie in Port Elizabeth se honde-eenheid saam met haar vierpoot-kollega, Jack.

Twee vermeende rowers het tweede gekom toe hulle Saterdag vir een van Port Elizabeth se polisiehonde probeer weghardloop het.

Dit kom nadat beamptes van die polisie se honde-eenheid Saterdag omstreeks 15:00 naby die Kenako-winkelsentrum in Algoapark gepatrolleer en ’n vrou hoor skree het.

By navrae het die vrou aangevoer dat sy pas by ’n kitsbank van haar kontant en bankkaart beroof is deur mans wat in ’n wit Volkswagen Polo-motor weggejaag het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeamptes het dadelik die gebied begin fynkam en kort daarna, sowat twee kilometer van die winkelsentrum, die Polo-motor in Dakustraat in KwaZakhele opgelet.

“Toe die verdagtes die polisie sien, het die voorste passasier uitgeklim en weggehardloop. Toe die bestuurder probeer weghardloop, het hy verskeie waarskuwings om stil te staan geïgnoreer, waarna Jack (’n polisiehond) vrygelaat is en hy vasgetrek is.”

Intussen het nog ’n passasier by die Polo-motor uitgespring en probeer vlug, maar Jack was te vinnig op sy hakke en hy is aangekeer.

Naidu sê die klaer se kontant was binne een van die verdagtes se skoene versteek en hulle kon ook die klaer se bankkaart terugkry.

Albei mans sal Maandag op ’n aanklag van roof in die landdroshof in New Brighton voorkom.

Die Polo-voertuig wat aan een van die vermeende rowers se ma behoort, is ook deur die polisie gekonfiskeer.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.