Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Renoster-stropery: ‘Baasbrein’ doodgeskiet
Die motor vol koeëlgate.

Die man teen wie talle sake vir sluikhandel in renosterhoring ondersoek is, is in ’n koeëlreën in sy geparkeerde voertuig dood.

Petrus (Mshengu) Mabuza was glo die baasbrein van ’n reuse-renosterstropingsindikaat in Mpumalanga. Hy is vroeër Donderdag in ’n hinderlaag in ’n parkeerterrein van ’n winkelsentrum in Hazyview doodgeskiet. Mabuza is glo in sy geparkeerde voertuig dood.

Volgens ’n betroubare bron het mense in ’n swart VW Polo by die oorledene se bakkie stilgehou en op hom losgebrand. Die bron sê daar is ’n sterk vermoede dat dit van die man se vennote en medebeskuldigdes is wat, ná binnegevegte die afgelope maand in die binnekring van die sindikaat, teen hom gedraai het.

Daar is ook sterk vermoedens dat Mabuza by die sluipmoord op lt.kol. Leroy Bruwer, ondersoekbeampte in renosterstropingsake in Mpumalanga, betrokke was. Hy is verlede jaar doodgeskiet toe hy op pad werk toe was.

Die verhoor teen die verdagte in Bruwer se moordsaak begin volgende maand.

• Meer volg later.

Meer oor:  Sindikaat  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.