Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba in drom op besige plein 'was nie pasgebore'

Die lyk van ’n baba is Dinsdagaand op een van die besigste plekke in Worcester in die Wes-Kaap in dieselfde straat as die polisiekantoor in ’n vullisdrom gekry.

Die vullisdrom is by die kerkplein in die middedorp, sowat 300 m van die Worcester-polisiekantoor geleë. Dit is gewoonlik vol mense en is oorkant die munisipaliteitskantoor en stadsaal geleë.

Ao. Julian Plaatjies, plaaslike polisiewoordvoerder, sê die baba was nie pasgebore nie en ’n ligte blou japon is by die lykie gekry.

"Dit is moeilik om die baba se ouderdom te skat, maar lede van die nooddienste sê die baba is na raming tussen vier weke en vier maande oud,” sê Plaatjies.

’n Man wat in die vullisdrom gekrap het op soek na herwinbare materiaal het op die lyk van die babaseuntjie afgekom.

“Iemand wat blikkies vir hergebruik versamel, het die lyk ontdek. Die man het by die vullisdrom gebly en iemand gestuur om die polisie te ontbied,” sê Plaatjies.

Die polisie het ’n beroep op enigiemand met inligting oor die babalyk gedoen om na vore te kom of die polisie by 023 348 6100 te kontak.

Die lyk is omstreeks 300 m van die polisiekantoor gekry.Foto: Google Images

Die baba is in ’n vullisdrom op die kerkplein gevind.Foto: Google Maps

* Worcesteriete het hulle na Facebook gewend om hul skok oor die voorval uit te spreek. Baie het ook verwys na die onlangse voorval toe ’n hardhorende vrou helder oordag in haar woonstel vermoor is.

Rozel Botha (44) se lyk is Saterdagmiddag buite haar woonstel naby die trappe van die Channym Hof-kompleks in Russellstraat gekry.

Volgens die polisie het die verdagte haar moontlik van die dorp tot by haar woonstel agtervolg.

“Haar deur is afgeskop en bewyse binne die woonstel dui op ’n worsteling,” sê Plaatjies.

Hy sê die voorlopige ondersoek toon dat Botha veelvuldige steekwonde opgedoen het.

Die polisie het bewyse opgevolg en ’n verdagte kort daarna aangekeer en ’n beursie met blou blomme op en ’n mes in die verdagte se besit gevind.

Die verdagte het Maandag in die landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.