Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba met gesin herenig ná kaping

Drie verdagtes word gesoek nadat ’n bakkie met ’n baba in gekaap is.

Die verdagtes het ’n Toyota Hilux Donderdagmiddag in KwaDabeka, Durban, gekaap en die vyf maande oue babameisie was steeds op die motor se agtersitplek toe hulle met die motor weggejaag het.

Die baba is later in die stoeltjie naby die Inanda-polisiekantoor opgemerk deur verbygaande polisiebeamptes, het Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, gesê.

“Die Hilux is toegerus met ’n opsporingtoestel wat deur Netstar gemonitor is en die eienaar van die voertuig het inligting deur sy slimfoon aan die polisie en gemeenskapslede op WhatsApp begin deurgee terwyl die voertuig na die Inanda-gebied beweeg het,” sê Van Reenen.

Die voertuig is toe in die Amatikwe-gebied gevind.

Die baba is deur paramedici ondersoek en het geen beserings opgedoen nie. Sy is met haar gesin herenig.

Die voertuig is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

’n Saak is egter nog nie aanhangig gemaak nie.

“Ek kan bevestig daar was so ’n voorval, maar geen saak is aanhangig gemaak nie. Die baba is gevind en die motor is later verlate gekry,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.