Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba-moord krap steeds aan Hondeklipbaai

Hoewel die Noord-Kaapse misdaadstatistiek vir moord met 5,3 % gedaal het, het dit in Hondeklipbaai gestyg.

Chirelda Lombard by die graf van Gabriella, haar dogtertjie. Lombard het eers ontken dat dit haar baba is, maar DNS toetse het glo bewys sy is die ma.

Dit volg op die bekendmaking Donderdag van die nasionale statistiek vir die 2018-’19-boekjaar.

Met die nasionale moordsyfer van 21 022, word 37 moorde per 100 000 mense gepleeg, gegrond op Stats SA se bevolkingsyfer van 55,7 miljoen in 2016.

In Hondeklipbaai, met ’n bevolking van 543 mense, staan die moordsyfer per 100 000 mense egter op 184 moorde per jaar nadat Chirelda Lombard in Oktober 2018 van die moord op haar pasgebore baba aangekla is. Die alternatiewe aanklag is strafbare manslag.

Die babalykie is op 4 September 2018 op die vullishoop ontdek en Lombard is van die moord verdink. Lombard, wat ontken het dit is haar baba, het later die begrafnis van die babameisie, Gabriella, gereël. Op die grafskrif is geskryf dat die baba op 30 Augustus 2018 gebore en op 4 September 2018 oorlede is.

Die laaste moord in dié gehug was in die 2015-’16-geldjaar.

Susan de Klerk, eienaar van Papierhuisie-vakansiehuis, sê die babameisie se moord het die hele gemeenskap geruk, veral omdat die baba se lyk op die stortingsterrein weggegooi is.

Chirelda Lombard van Hondeklipbaai wat aangekla is weens die moord op haar pasgebore baba en wat na bewering die lykie op 'n vullishoop weggegooi het.
Chirelda Lombard met ’n vorige verskyning.

“Die ergste is dat hoewel Lombard aangekla is, die verhoor na ’n jaar nog nie begin het nie. Intussen loop sy kop omhoog in die dorp asof niks fout is nie. Die gemeenskap soek antwoorde en berusting, want die moord op ’n onskuldige baba is ’n oop wond.”

Nog ’n inwoner sê die vertraging in die verhoor is besig om die dorp in rasgroepe te verdeel.

“Was dit nou ’n armer vrou uit ’n ander gemeenskap, was die verhoor lankal afgehandel. Die verhoor word heeltyd uitgestel, hoewel ons verstaan dat die bewyse klinkklaar is. ’n Mens kan verstaan dat mense boendoegeweld gebruik wanneer hulle voel die regstelsel misluk.”

Hy is woedend dat die baba op die ashoop gegooi is “sodat die honde haar moet opeet. Die baba is aanvanklik nie begrawe totdat iemand haar daar in ’n plastieksak ontdek en alles op die lappe gekom het nie. Dit is ’n skreiende skande.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.