Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba oorleef ná ma gesin vergiftig

Net ’n ses maande oue baba het Saterdag in die Phamong Village in Tseki in die Vrystaat oorleef nadat ’n 29-jarige vrou haar vyf kinders en haarself na bewering vergiftig het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê die gebeure het afgespeel ná ’n hewige rusie tussen die vrou en haar man.

Die ander drie kinders is na die hospitaal gehaas, maar twee van die kinders is in die hospitaal dood.

Die vrou het ná die rusie haar kinders gevat, haar en haar man se huis verlaat en na haar ouerhuis teruggekeer.

Die vrou se ma het omstreeks 15:30 op haar en haar kinders se lyke op die vloer afgekom en die ambulans ontbied.

Die mediese personeel het die ma en twee kinders, onderskeidelik ses en nege jaar oud, op die toneel dood verklaar. Die ander drie kinders is na die hospitaal gehaas, maar twee van die kinders is in die hospitaal dood.

Makhele sê hy kan nie in hierdie stadium sê wat tot die optrede van die vrou gelei het nie, en of die familie dalk “net nie meer kos op die tafel gehad het nie”.

Hy sê die ma het nie ’n brief nagelaat nie en die polisie probeer nog vasstel wat gebeur het.

Makhele sê dossiere vir nadoodse ondersoeke en moord is by die polisie geopen.

Meer oor:  Phamong Village  |  Vrystaat  |  Tseki  |  Ondersoek  |  Vergiftig  |  Polisie  |  Gesin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.