Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba uit drein gered: Man vertel
Die toneel in Lorraine in Port Elizabeth waar die babameisie in ’n stormwaterdrein gevind is.

’n Babameisie wat vermoedelik die eerste paar uur van haar lewe in ’n stormwaterdrein deurgebring het, se lewe is Dinsdagoggend deur inwoners van Port Elizabeth gered.

Omstreeks 07:30 is Cornie Viljoen in sy motor deur ’n vrou in Sedanlaan in Lorraine voorgekeer. Sy het gesê sy hoor ’n baba se gehuil vanuit ’n stormwaterdrein.

Viljoen sê hy het stilgehou en die mangatdeksel met ’n ysterstaaf opgelig.

“In die drein, wat so vyf voet diep is, het ek die kaal baba sien lê.

“Ek het dadelik ingeklim. Maar omdat ek ’n bietjie groot is en nie heeltemal ingepas het nie, moes ek die baba aan haar enkeltjie vat en nader trek voordat ek haar kon optel.

“Ek het dadelik ingeklim. Maar omdat ek ’n bietjie groot is en nie heeltemal ingepas het nie, moes ek die baba aan haar enkeltjie vat en nader trek voordat ek haar kon optel.

“Sy het toe weer begin huil. Toe ek haar optel, was sy yskoud en vuil. Die naelstring was nog vas aan haar.”

Twee vroue het met handdoeke gereed gestaan om haar toe te draai.

Paramedici is ontbied. Hulle het die babameisie ondersoek en sê hulle vermoed sy is sowat drie uur oud.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die baba is in ’n stabiele toestand in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

’n Saak van kinderverlating word ondersoek.

Viljoen het later Dinsdagoggend gesê dat hy glo hy is deur die Here gestuur om die baba te help.

“Ek ry nooit in Sedanlaan af nie, ek ry gewoonlik in Longwylaan af nadat ek my vrou (by haar kantoor) afgelaai het. Ek kan nie vir jou sê hoekom ek vandag in daardie straat afgery het nie, want daai pad is eintlik ’n draai na my kantoor toe.

“Dit was ’n bestiering van God, glo ek.”

Hy sê ook hy sal graag die babameisie weer wil sien.

“Ons het teen tyd gespeel, so sy moes dadelik aan die paramedici oorhandig word, maar ek sal haar graag net wou vashou, haar die liefde gee wat sy verdien om te kry.”

Intussen doen die polisie ’n beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die baba se ma aan die Walmer-polisiekantoor deur te gee.

“Ons het teen tyd gespeel, so sy moes dadelik aan die paramedici oorhandig word, maar ek sal haar graag net wou vashou, haar die liefde gee wat sy verdien om te kry.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.