Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Babalykie dalk dié van ontvoerde Mpho
Mpho Kgoroyagira

’n Babalykie wat Donderdag in die Jouberton-township naby Klerksdorp gevind is, is moontlik dié van die eenjarige Mpho Kgoroyagira wat byna twee weke gelede ontvoer is.

“Die aanduidings is dat dit moontlik sy is, maar dit sal eers bevestig kan word sodra die uitkenning môreoggend om 08:00 afgehandel is,” het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, Donderdag gesê.

Mpho is op Saterdag 1 Februarie tydens ’n inbraak ontvoer. “Volgens haar ma (22) het sy en Mpho in haar kêrel se huis geslaap toe sy wakker word en ’n onbekende man in die kamer sien,” het Myburgh gesê.

Die man het glo vir Mpho gegryp en weggehardloop. ’n Selfoon van die ma se vriend is na bewering tydens die voorval gesteel.

Lede van die plaaslike gemeenskap wat na Mpho help soek het, het volgens Myburgh Donderdagoggend omstreeks 10:00 op die babalykie in ’n oop erf naby die plek waar Mpho ontvoer is, afgekom.

Meer oor:  Mpho Kgoroyagira  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.