Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Babaseun in Bloemfontein ontvoer
’n Onbekende vrou het Bokang King Donderdag omstreeks 15:45 buite die Bloemspruit-kliniek in Bloemfontein ontvoer. Foto: Verskaf

’n Twee maande oue baba is Donderdagmiddag buite ’n kliniek in Bloemfontein ontvoer, het die polisie bevestig.

’n Onbekende vrou het Bokang King omstreeks 15:45 by die kliniek in die Bloemspruit-woonbuurt ontvoer.

Sy ma, Kgomotso King (18), was by die kliniek om medikasie te kry. Sy het ’n vrou agter haar in die ry gevra om gou na haar seuntjie te kyk terwyl sy by die kliniek ingaan.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n ander vrou in die ry Kgomotso voor die ontvoering meegedeel dat babas nie tans in die kliniek toegelaat word nie. Daarom het sy die vrou gevra om na haar babatjie om te sien.

“Toe sy klaar was in die kliniek, was die vrou en haar kind skoonveld,” sê Makhele.

’n Saak van ontvoering is eers later die aand by die polisie aanhangig gemaak.

Kgomotso het aanvanklik nie die ontvoering by die kliniekpersoneel of die polisie aangemeld nie, maar ’n plaaslike radiostasie om hulp genader.

Sy het eers ná 22:00 na die polisie gegaan.

Enigiemand met inligting kan ao. Korney van Zyl, ondersoekbeampte, by 084 456 5653 bel.

Volgens die jongste misdaadstatistiek het ontvoerings in die Parkweg-polisiëringsgebied in Bloemfontein van 30 tot 46 toegeneem – dit is ’n toename van 53,3%.

Meer oor:  Ontvoering  |  Bloemfontein  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.