Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man by Swellendam vas vir bakkie vol perlemoen

Verkeersbeamptes by die weegbrug op die N2-hoofweg by Swellendam in die Wes-Kaap het ’n man in hegtenis geneem nadat hulle vroeg Maandagoggend ’n bakkie vol perlemoen afgetrek het.

Die Nissan-bakkie het vals nommerplate gehad, dus word die bestuurder ook aangekla van motordiefstal, het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, gesê.

Daar was 27 sakke perlemoen agterop die bakkie.

Die verdagte word in die selle van die polisiekantoor op Swellendam aangehou en verskyn binnekort in die hof.

Verkeersbeamptes het die bakkie wat met perlemoen gelaai is op die N2 by Swellendam gestop. Foto: Verskaf

Meer oor:  Swellendam  |  N2  |  Perlemoen  |  Gesteelde Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.