Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bakkiebestuurder gewond toe kapers by tolhek losbrand
Die toneel by die Mtunzini-tolhek waar ’n bakkiebestuurder in ’n skietvoorval gewond is. Foto: NETCARE911

’n Man is ernstig gewond toe kapers by die Mtunzini-tolhek aan die KwaZulu-Natalse noordkus hom geskiet het.

Die voorval was Vrydag om 07:48.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê volgens ooggetuies is die bestuurder van die bakkie, wat vir ’n koeriermaatskappy werk, ernstig gewond toe kapers op hom losgebrand het.

Hy is in die regterskouer getref. Die kapers het hom daarna onder ’n brug in Mtunzini uit sy voertuig gegooi.

Die man is per lugambulans na die naaste hospitaal gebring.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Kapers  |  Skietvoorval  |  Misdaad  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.