Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bankmoord: ‘Verdagte het vrou geken’

Die jong man wat in hegtenis geneem is vir die moord Dinsdag op ’n inwoner van Douglas in die Noord-Kaap, het na bewering voorheen saam met haar gewerk.

Helen van Vuuren (61) en haar man, Corrie. Foto: Facebook

Die 24-jarige man, wat Donderdag in die plaaslike landdroshof op die moord van Helen Janse van Vuuren (61) gaan verskyn, was vroeër ’n veiligheidswag by die Spar waar Janse van Vuuren gewerk het, het ’n inwoner gesê.

Volgens die inwoner het Janse van Vuuren en haar vermeende moordenaar in ’n stadium ook saam by die OK Grocer op die dop gewerk.

Janse van Vuuren is Dinsdagoggend doodgesteek terwyl sy in die Absa-bank op die dorp gewag het om geld van Spar in te betaal.

Haar aanvaller het na bewering agter haar gaan staan en haar twee keer gesteek. Sy het geval, waarna hy haar glo weer gesteek het.

Die bank en die supermark is in dieselfde sentrum en nie ver van mekaar nie.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man sal op aanklagte van gewapende roof en moord verskyn.

Hy is ure ná die moord in Breipaal, Douglas, in hegtenis geneem. Die polisie het na bewering van die geroofde geld asook klere, ’n sak en ander goedere in sy huis gekry.

“Vir so ’n klein dorpie is dit ’n groot skok. Dit gebeur nie hier nie. Hy kan bly wees ons het hom nie eerste gekry nie. Vir my is dit ’n voorval van haat. Almal is kwaad,” het ’n inwoner gesê.

“Dit maak dit nog slegter dat hy ’n plaaslike outjie is. Na wat ek verneem, is hy ’n goeie outjie, maar hy het glo met dwelms deurmekaar geraak,” sê hy.

Volgens hom gaan inwoners Donderdag opruk na die hof waar die verdagte verskyn.

Jy vermoed nie dat so iets met jou sal gebeur nie. Die mense is glad nie gewoond daaraan nie.

René du Plooy, ’n sakevrou op die dorp, sê almal op die dorp probeer nog “verstaan hoekom dit gebeur het”.

“Sy was ’n regte gemeenskapsmens wat altyd vriendelik en behulpsaam was. Ons het gehoop dit is nie ’n plaaslike persoon (wat verdink word) nie, maar nou is dit. Ons het nog nooit in vrees geleef hier nie.”

Dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus, sê hy besoek Douglas gereeld en het nog nooit op enige plek in die dorp onveilig gevoel nie.

“Jy vermoed nie dat so iets met jou sal gebeur nie. Die mense is glad nie gewoond daaraan nie.

“Douglas, wat onder meer die hoofkantoor van die landwye GWK-landboumaatskappy huisves, is een van die mees vooruitstrewende dorpe in die Noord-Kaap.

“Dit is as ’n veilige en vreedsame omgewing bekend en inkopiegangers is gewoond om sonder vrees vir hul veiligheid in die sentrum rond te beweeg.

“Nogtans is dit moeilik om te begryp dat dit moontlik is om met ’n mes en bedekte gesig in die bank rond te beweeg.”

Meer oor:  Spar  |  Douglas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.