Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beampte in uniform toe sy lyk gevind word
Sebastian Groenewald (45) was volgens sy familie toegewyd aan sy werk. Foto: Facebook/Alert South Africa

Die metropolisiebeampte van Boksburg wie se lyk Donderdagmiddag in ’n veld naby ’n informele nedersetting gevind is, was in sy uniform geklee, hoewel hy nie dié dag vir diens aangemeld het nie.

So sê Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie.

Sebastian Groenewald (45) se lyk is Donderdag omstreeks 13:00 naby die Ramaphosa- informele nedersetting gevind. Groenewald het skietwonde aan sy bolyf gehad.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord. Groenewald was volgens sy familie nederig en toegewyd aan sy werk. Hy het vir bykans tien jaar by die metropolisie gewerk.

Meer oor:  Boksburg  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.