Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beampte vas ná hy glo volstruis op plaas in Limpopo skiet
Die twee jaggewere wat by ’n metropolisielid van Tshwane gekry is nadat hy glo ’n volstruis onwettig doodgeskiet het. Foto: SAPD

’n Metropolisielid van Tshwane is Saterdag buite Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem omdat hy glo ’n volstruis onwettig geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 28-jarige sersant van die Tshwane-metropolisie was die naweek agter tralies. Hy is saam met ’n 38-jarige man in hegtenis geneem.

Hulle het glo in die Botlokwa-gebied, tussen Polokwane en Louis Trichardt, die heining om ’n plaas geknip en ’n volstruis doodgeskiet. Mojapelo sê hulle het toe glo die volstruis agterop ’n Ford Ranger-bakkie gelaai en weggejaag.

Die eienaar van die plaas het later onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.

Mojapelo sê die twee mans is later dieselfde dag in hegtenis geneem. Twee van hul makkers het egter gevlug. ’n Soektog is na die twee mans onderweg.

Die polisie het op twee jaggewere en die Ford Ranger-bakkie beslag gelê.

Die metropolisielid en sy medebeskuldigde sal Dinsdag in die landdroshof in Morebeng in Botlokwa verskyn.

Die volstruis wat Saterdag buite Polokwane glo deur ’n metropolisielid van Tshwane onwettig doodgeskiet is. Foto: SAPD

Meer oor:  Polokwane  |  Louis Trichardt  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.