Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beampte vas ná vals padversperring in Nyanga

’n Verkeersbeampte van Kaapstad is Woensdagaand in hegtenis geneem toe hy en twee makkers uniforms aangetrek en ’n vals padversperring opgestel het.

Ter illustrasie. Foto: Verskaf

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir onder meer veiligheid en sekuriteit, sê hy is diep teleurgestel oor wat na bewering in Nyanga gebeur het.

Die verkeersbeampte en die ander twee verdagtes is omstreeks 21:30 deur die polisie in hegtenis geneem.

Smith sê hy is nie seker waarom die drie dit gedoen het nie, maar die rede sal wel aan die lig kom.

Die verkeersbeampte was van diens af en het ’n private voertuig gebruik. Hy het ’n tweerigtingradio van die verkeersdepartement in sy besit gehad asook sy verkeersbeampte-identiteitskaart by hom gehad.

Die twee medepligtiges was in uniforms geklee.

Al drie is in aanhouding en sal Maandag in die landdroshof verskyn.

Smith sê ’n kennisgewing dat die beampte geskors gaan word, is reeds aan hom oorhandig.

Meer oor:  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Nyanga  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.