Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beampte wond man wat hom en sy kollega glo wou skiet

’n Man is Vrydag deur die polisie in Phokeng in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n vuurwapen op verkeersbeamptes gerig het.

Kapt. Aafje Botma, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die polisie ondersoek ’n sake van poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die 47-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ’n verkeersbeampte te skiet. Die verkeersbeampte en sy kollega was aan diens toe hulle ’n wit Toyota Corolla op die R565 in Boshoek aftrek nadat die bestuurder ’n stopstraat geïgnoreer het. Nadat die voertuig tot stilstand gekom het, het die bestuurder uit die motor geklim en om verskoning gevra, sê Botma.

Een van die verkeersbeamptes het nadergestap en gesien daar is drie passasiers. Hy het ook ’n vuurwapen in die voertuig gesien.

Die verkeersbeampte is terug na sy kollega om hom oor die situasie in te lig. Die bestuurder het vermoedelik die gesprek tussen hulle gehoor en na bewering ’n vuurwapen uitgepluk en op die verkeersbeamptes probeer skiet. Daar was gelukkig probleme met die pistool en hy kon nie skiet nie, sê Botma in die verklaring.

In die proses het een van die verkeersbeamptes die verdagte in die bolyf gewond. Die verdagte en sy drie passasiers het te voet probeer vlug, maar die gewonde verdagte het enkele meter verder op die grond geval.

Hy in hegtenis geneem nadat die polisie ontbied is en na ’n hospitaal geneem, lui die verklaring.

Netwerk24 verneem die verdagte was Sondagmiddag steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Botma sê die polisie het die voertuig deurgesoek en afgekom op drie pistole, ’n haelgeweer en ammunisie.

Die polisie is op soek na die drie passasiers wat weggekom het.

Meer oor:  Noordwes  |  Vuurwapen  |  Kollega  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.