Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bebloede lyk van Honoris Crux-oudsoldaat op hoewe gekry

’n Oudsoldaat wat vroeër met ’n dapperheidsmedalje vereer is vir ’n heldedaad ten tyde van die Bosoorlog, se bebloede lyk is Sondagoggend onder ’n duvet op sy kleinhoewe in Viljoenskroon gevind.

Dave Wessels (65) se lyk is Sondag omstreeks 06:00 op sy Avondster-kleinhoewe in Fortunastraat in Viljoenskroon aangetref.

Verskeie inskrywings op sosiale media maak melding daarvan dat Wessels, wat sy een been in die oorlog verloor het, met die Honoris Crux- goue medalje vir sy heldedaad vereer is. Hy het glo in Desember 1975 gedurende operasie Savannah in Angola, in die Slag van Brug 14, in ’n koeëlreën ’n brug oorgesteek om ’n gewonde soldaat terug te bring na die Suid-Afrikaanse kant.

Netwerk24 kon dit egter nie bevestig nie.

Volgens inligting het Wessels alleen gewoon.

Hy het glo altyd kontant in sy huis gehad en het skape en beeste verkoop.

Hy het deur die venster gekyk en bloedmerke op die mure gesien. Hy het dadelik die polisie in kennis gestel.

Na verneem word is sy eksvrou van Klerksdorp op pad na Viljoenskroon.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n buurman gaan ondersoek instel toe hy nie die oorledene gesien het nie.

“Met sy aankoms by die huis het hy gesien dat die slaapkamer se venster oop en die diefwering oopgebreek is. Hy het deur die venster gekyk en bloedmerke op die mure gesien. Hy het dadelik die polisie in kennis gestel.”

Makhele sê met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die oorledene onder beddegoed gekry met bloed oral.

“Hy was met ’n elektriese koord vasgemaak en het verskeie steekwonde aan sy kop.”

Makhele sê dit is later vasgestel dat die oorledene se Toyota Hilux-bakkie ter waarde van R260 000 vermis word.

Mense met inligting kan speur.sers. Eric Tumelo Xaba, ondersoekbeampte, by 081 354 4765 bel.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en roof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Dave Wessels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.