Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bedrieërs vra tenders vir gesigmaskers

Die departement van verdediging ondersoek ’n voorval waar bedrieërs ’n vervalste dokument van dié departement en die weermag gebruik om tenders vir gesigmaskers te vra.

Die departement sê in ’n verklaring die dokument is gebruik om niksvermoedende sakelui te vra om te tender vir ’n kontrak om 45 000 gesigmaskers (vir die departement) te verskaf.

Benewens die logo’s op die brief het die bedrieërs ook die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se naam gebruik.

Volgens die verklaring is die gebruik van die minister se naam ’n poging om van die regering en die departement te steel en wys dit hoe desperaat die bedrieërs is.

Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay

Die departement distansieer hom van die dokument en sê die minister het niks te doen met die verkryging van goedere of dienste nie, of versoeke vir die verkryging van beskermende toerusting in die departement nie. Die minister is ook nie betrokke by bedryfskwessies nie.

Die gebruik van die minister se naam om mense te bedrieg word sterk veroordeel. 

Die sakegemeenskap word aangeraai om seker te maak dat alle tenderdokumente wat hulle ontvang by die sentrale verkrygingsdienssentrum se kantoor vir tenders in Centurion, Pretoria, geverifieer word.

Volgens die verklaring is dit nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Die departement sê hierdie optrede is ’n aanslag op klein en mediumondernemings se lewensbestaan.

“Dit verryk gesiglose diewe ten koste van eerlike, hardwerkende gemeenskapslede en lei tot onnodige ontwrigting, die likwidasie van opkomende kleinsakeondernemings en werksverliese.”

• Die verkrygingsdienssentrum se telefoonnommer is 012 649 6682.

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Tenders  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.