Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Beeldmateriaal bekyk ná moord op haweloses

Die polisie sal as deel van die ondersoek na die moorde op hawelose mans in Pretoria beeldmateriaal van die stad se veiligheidskameras bekyk.

Netwerk24 het betroubaar verneem beeldmateriaal is ná die jongste moord aan die polisie oorhandig.

Die vyfde lyk is Woensdagoggend by ’n bushalte in Steve Biko-weg, sowat 400 m van Unisa se hoofkampus in Muckleneuk gevind.

Brig. Mathapelo Peters het by navraag gesê die polisie gaan nie kommentaar lewer voordat die ondersoek nie afgehandel is nie.

Sy het wel bevestig dat die polisie, as deel van hul ondersoek, beeldmateriaal sal bekom vir verdere ontleding in die hoop dat dit kan lei tot die identifisering van die moordenaar(s).

Die polisie se taakspan bestaan uit speurders, forensiese kundiges, patoloë en kriminele sielkundiges en alle moontlike leidrade word opgevolg.

Hawelose mense is intussen gewaarsku om in groepe saam te beweeg.

Muckleneuk
Grafika: Muckleneuk-moorde
Meer oor:  Pretoria  |  Muckleneuk  |  Moorde  |  Pretoria-Nagsluiper  |  Haweloses  |  Reeksmoordenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.