Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koeie afgemaai: Dit lyk soos ’n ‘feeding frenzy’, sê boer

WAARSKUWING: Die foto by hierdie berig kan sommige lesers ontstel.

“Dit lyk soos ’n feeding frenzy,” sê Daan Malan, 'n melkboer van Bethal, Mpumalanga, waar hy op sy plaas staan waar melkkoeie wreed afgemaai is.

’n Moedelose Malan, ’n gesiene melkboer van die plaas Rustfontein in Bethal, Mpumalanga, het Donderdagoggend met Netwerk24 gepraat net voordat drie van die 16 koeie wat mank geloop het nadat hul hakskeensenings afgesny is, geskiet moes word. Dertien koeie het reeds in stukke in die veld gelê.

Dié koei hinkepink nadat haar hakskeensenings afgekap is.

“Weet jy, hulle het nie eens al die vleis gevat nie. As die sogenaamde leiers sê hulle gaan ons, ons vroue en ons diere doodmaak, gaan die mense wat na hulle luister mos nie anders optree nie!”

Malan verwys na uitlatings deur Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), wat in ’n toespraak in Noordwes onder luide toejuiging gesê het: “Ons sal hul kinders doodmaak, ons sal hul vroue doodmaak, ons sal hul honde doodmaak, ons sal hul katte doodmaak, ons sal enigiets doodmaak wat in ons pad kom.”

Malan sê: “ ’n Vragmotorbestuurder sê vanoggend vir my: Die mense wat só maak het geen respek vir lewe nie – nie vir die lewe van mense of diere nie.”

Volgens Malan is die melkkoeie deur minstens agt tot tien veediewe in ’n hoek gejaag.

Hompe vleis lê nog op die plaas waar veediewe toegeslaan het.

Nadat hul hakskeensenings afgekap is, is hompe vleis lewend van die diere afgekap, sê hy.

“Die voorval moes tussen 02:00 en 04:00 gebeur het, want die nagwag is omstreeks 02:00 daar verby.”

Malan vertel dat hy laasweek veediefstal net-net vrygespring het.

“Hulle het probeer om drie koeie weg te keer, maar die wag het hulle betyds gesien,” sê hy.

Hy vermoed nou sy wagte se bewegings word dopgehou.

Hennie Bekker, distrikkoördineerder van AfriForum in Bethal, sê dié tipe voorvalle neem toe soos Kersfees nader kom.

Bekker was Donderdagoggend ook op die toneel.

“Wat ek net nie verstaan nie: Hier is amper géén vleis weg nie. Hier lê ’n boud, daar lê blaaie. Hulle moes gehardloop het toe dit lig word, want dit is reg langs die N17-snelweg.”

Bekker het die drie koeie namens Malan geskiet.

“ ’n Mens help maar die boer. Dis nie lekker om jou pragdiere te skiet nie.”

Volgens Bekker is net vyf van die 13 geslagte koeie se vleis weg.

Die polisie se veediefstaleenheid ondersoek die voorval.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Bethal  |  Boer  |  Misdaad  |  Beeste  |  Plaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.