Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde (86) op Warrenton tuis verkrag, vermoor
Die laaste foto van die vermoorde Rina Spangenberg (86) is Woensdag geneem toe sy ’n kerk-ete bygewoon het. Foto: Verskaf

Die gemeenskap van Warrenton in die Noord-Kaap is in rou gedompel nadat ’n weerlose bejaarde vrou in haar huis oorval, verkrag en vermoor is.

Rina Spangenberg (86), ’n jare lange inwoner van dié dorp, is Saterdagaand in haar huis op die dorp oorval, verkrag en deur haar aanvaller(s) vir dood agtergelaat. Celeste Stroebel (48), haar gestremde broerskind, het net ná 23:00 op haar afgekom waar sy in ’n plas bloed in die eetkamer gelê het. Sy is vermoedelik met ’n stomp voorwerp aangerand en het ernstige kopwonde gehad.

Stroebel, wat jare lank by Spangenberg gewoon het, het hulp ontbied.

Spangenberg het kort ná haar aankoms by ’n hospitaal op die dorp aan haar kopbeserings beswyk.

Netwerk24 verneem haar aanvaller(s) het ’n televisie en kruideniersware gesteel.

Karin Human, voorsitter van die kerkraad van die NG kerk Warrenton, sê dit is ’n hartseerdag vir die gemeenskap.

Sy het Spangenberg as ’n dierbare mens beskryf wat elke Sondag in die kerk was.

“Dit is verskriklik hartseer. Sy was nog Woensdag by een van ons gereelde kerk-etes en het op haar gunsteling-plek gesit.

Human sê Stroebel is erg geskok en gaan deur ’n warboel van emosies ná die moord op haar tante.

Die polisie sê hulle ondersoek klagte van moord en huisroof.

Die moordenaar(s) is nog op vrye voet.

Meer oor:  Rina Spangenberg  |  Noord-Kaap  |  Warrenton  |  Verkragting  |  Bejaarde Verkrag  |  Vermoor  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.