
Mpozana Khumalo (79) Foto: Verskaf
’n Beesboer van Muden in KwaZulu-Natal, Mpozana Khumalo (79), is in die hospitaal dood nadat hy in ’n rooftog geskiet is.
Khumalo is in sy borskas geskiet en deur sy aanvallers aan ’n boom vasgebind.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê Khumalo is op 17 November geskiet toe hy net ná middagete deur twee mans van sy selfoon en kontant beroof is.
Mbele sê Khumalo, wat ’n operasie ondergaan het, is op 27 November in die hospitaal dood.
Khumalo, ’n veeboer, het na die familie se bokke en skape omgesien toe hy aangeval is.
Die plaas waar hy vermoor is, is by Muden, ’n klein dorpie naby Weenen.