Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde boer en sy suster buite Addo aangeval

’n Bejaarde boer en sy suster is vroeg Donderdagoggend deur drie gewapende mans in hul huis op ’n plaas by Addo in die Oos-Kaap aangerand en beroof.

Lennox Wells (86) van Addo, sowat 60 km buite Port Elizabeth, het ná middernag wakker geword en gesien drie mans, elk met ’n klapmus aan, staan om sy bed.

Een van die mans het die boer se 88-jarige suster in haar kamer gaan wakker maak en vasgebind.

Die mans het daarna vir Wells met die vuis begin slaan terwyl hulle kontant en die sleutels vir die kluis geëis het. Wells het die sleutel aan hulle gegee en die aanvallers het gevlug met ’n haelgeweer, ’n 303 en ’n televisie, sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.

Volgens hom is die man en sy suster net lig beseer.

Dié aanval is sowat 3 km van waar Bill Gravett (63) in April op sy plaas ernstig aangerand en ontvoer is.

Die polisie het Donderdagoggend goeie leidrade opgevolg, wat moontlik tot ’n deurbraak met ’n inhegtenisneming kan lei, sê Nkohli.

Gravett is deur drie mans in sy plaashuis ingewag en oorrompel.

Vroeër is berig Gravett is verskeie keer met ’n byl geslaan. ’n Kluis is gesteel en Gravett is in sy bakkie gedwing en na ’n huis in Motherwell, Port Elizabeth, geneem.

Hier is hy geblinddoek en het hy gehoor hoe die aanvallers in Xhosa stry of hulle hom moet doodmaak of nie. Die aanvallers het besluit om Gravett en sy bakkie in KwaZakhele in die stad te los. Hy het die voorval by die polisie aangemeld.

Na verneem word het Gravett sy plaas kort ná die voorval verkoop.

Laetitia Erasmus, DA-raadslid in die gebied, sê sy is bekommerd oor die veiligheid van die inwoners in die distrik, veral ná die jongste voorval.

Sy meen die huisbrake is ook vinnig besig om toe te neem, met ses voorvalle wat verlede week alleen aangemeld is.

“Misdaad is aan die toeneem hier. As burgerlikes het ons ’n noodreaksiespan gestig en samesprekings met die polisie gehou. Die polisie bring hul kant, maar die probleem kom altyd terug weens die tekort aan hulpbronne en personeel.”

Ook Piet du Preez, eienaar van die plaaslike Vallei-sekuriteitsmaatskappy, sê misdaad in die gebied neem toe. Hy sê hulle het die styging sedert November in die distrik opgelet en waarsku mense om meer paraat te wees.

Die polisie het Donderdagoggend goeie leidrade opgevolg, wat moontlik tot ’n deurbraak met ’n inhegtenisneming kan lei, sê Nkohli.

Meer oor:  Lennox Wells  |  Port Elizabeth  |  Addo  |  Plaasaanval  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.