Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde boer in skaapkraal vermoor

’n Bejaarde man van Noordwes is Sondag in ’n skaapkraal op sy plaas vermoor.

Volgens kol. Adele Myburgh, die provinsie se polisiewoordvoerder, is die man (67) laatmiddag in ’n kraal op sy plaas Leeufontein, Wolmaransstad, met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Sy vrou (66) is erg aangerand en is in die hospitaal opgeneem.

Myburgh sê vyf verdagtes het om 17:30 by die plaas aangekom en vir die egpaar gesê hulle wil skape koop.

“Die verdagtes, drie mans en twee vroue, is saam met die egpaar na die kraal om skape te gaan kies. Hulle is toe glo deur die verdagtes oorrompel. Van die verdagtes het die vrou na die huis geneem en op die kluis se sleutel aangedring, terwyl die ander die man in die kraal vasgebind het,” sê Myburgh.

Die egpaar se seun (43) was glo doenig in ’n ander kraal toe hy die verdagtes sien hardloop.

Hy het sy pa se lyk in die skaapkraal gevind.

Myburgh sê dit is in dié stadium nog nie bekend of die verdagtes enigiets gesteel het nie, maar ’n saak van moord en plaasaanval is geopen.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Noordwes  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.