Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde boervrou van Bethlehem vermoor, lyk versteek

Die lyk van ’n bejaarde boervrou van ’n plaas buite Bethlehem in die Oos-Vrystaat is Saterdagoggend naby ’n begraafplaas op die dorp gevind nadat sy die vorige aand op haar plaas vermoor is.

Mienie Frost
Mienie Frost (77) Foto: Verskaf

Mienie Frost (77), ’n varkboer van die plaas Tamboekiesbank, is Vrydagaand tussen 20:00 en 22:00 vermoedelik deur ’n voormalige werker vermoor waarna haar lyk in ’n stormwaterpyp tussen die Uthopia-begraafplaas en die skouterrein versteek is.

Sy is vermoedelik met ’n stomp voorwerp doodgeslaan.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n 40-jarige man is Saterdagaand aangekeer nadat hy met die bakkie van die vermoorde Frost gewaar is.

Herkie Viljoen, voorsitter van die Bethlehem-beheerkamer, sê Frost, wat alleen geboer het, is vermoedelik by die varkhokke oorval. Haar vuurwapen en flitslig is daar gevind.

“Sy het moontlik gaan kyk na een van haar varke wat kleintjies gekry het. Sy is vermoedelik met ’n stuk yster aangeval.

Ons het later ’n bloedkol by die motorhuis gekry en sleepmerke.

Volgens hom het ’n ander voormalige werker agterdogtig geraak toe hy sien die man gooi laatnag petrol in Frost se bakkie en het die polisie ingelig.

Die polisie het die man in die bakkie aangekeer en beslag gelê op die bakkie. Hy is die seun van ’n voormalige werker en het self in ’n stadium vir die tannie gewerk,” sê Viljoen.

’n Grootskaalse soektog is begin toe die polisie Frost nie kon opspoor nie.

Volgens Viljoen is Frost se bure na haar plaas waar hulle die huis gesluit aangetref het. Die ligte het gebrand.

Later is die vuurwapen en flitslig gevind. ’n Yster, wat vermoedelik die moordwapen kan wees, en handskoene is ook op die toneel gevind.

“Die bure het alarm gemaak en almal, insluitend die polisie en ons beheerkamer, is ingeroep. Ons het begin soek na haar en al die geboue op die plaas deursoek, maar kon haar nie kry nie.

“Ons het later ’n bloedkol by die motorhuis gekry en sleepmerke. Ons het toe al hoe wyer begin soek – ook langs die paaie in die omgewing. Ons het selfs ’n hommeltuig met nagsigtoerusting gebruik.”

Daar was glo ook bloed agter op die bakkie.

Ons het lanklaas so ’n wrede moord hier gehad.

Volgens Viljoen is die verdagte deur die polisie ondervra en hy het glo drupsgewys inligting bekend gemaak. Hy is Saterdagoggend omstreeks 09:30 na die plaas gebring en toe die polisie hom terugneem polisiekantoor toe, het hy aan die beamptes gewys waar Frost se lyk is.

Frost se selfoon en beursie was nog op die toneel en niks anders is geroof nie.

“Ek ken haar baie jare en sy was huisvriende van my ouers. Sy is ’n ou tannie. Sy het jare lank alleen geboer. Die boerdery was haar passie en sy het gehou van wat sy doen. Sy was ’n sterk, knap vrou.

“Dit is ’n skok vir almal. Dit is baie sleg. Dit het nog nie deurgedring nie. Ons het lanklaas so ’n wrede moord hier gehad,” sê Viljoen.

Volgens hom bestaan die vermoede dat die man nie alleen gewerk het nie.

’n Klag van moord word ondersoek.

Meer oor:  Mienie Frost  |  Bethlehem  |  Boervrou  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.