Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde dae lank in sinkhuis aangehou

’n Bejaarde man van Reitzpark, Welkom, is tans in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike hospitaal nadat hy op Maandag 15 Julie ontvoer en dae lank in ’n sinkhuis aangehou is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê twee mans met klapmusse het die 70-jarige man in die nag in sy huis oorval.

Die ontvoerders het hom by sy motor ingedwing en na ’n afgeleë gebied geneem. Hulle het ook sy televisie gebuit.

Hulle het hom in ’n sinkhuis aangehou, aangerand en sy bankkaart se geheime kode geëis. Daarna het hulle elke dag geld uit sy rekening onttrek.

Thakeng sê die polisie weet nog nie hoeveel geld onttrek is nie.

Op 18 Julie het hulle hom vrygelaat en hy het in ’n erg beseerde en verswakte toestand daarin geslaag om hulp te kry. Hy is daarna in die hospitaal opgeneem, waar hy tans aansterk, sê Thakeng.

Die man se dogter is intussen opgespoor en van haar pa se toestand ingelig.

’n Klag van voertuigkaping en ontvoering word ondersoek.

Die polisie is ook opsoek na die man se bronskleurige Toyota Corolla met die registrasienommer HFF 384 FS.

Indien iemand inligting het, kan hulle kapt. Pieter du Plessis van Welkom se eenheid vir voertuigmisdade by 079 884 2179 bel.

Meer oor:  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.