Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde dalk met eie swaard op hoewe vermoor

’n Bejaarde man van Ladybrand wat Sondag dood op sy kleinhoewe aangetref is, is vermoedelik met sy tuisgemaakte swaard vermoor.

Klaus Meier (81) het ná ’n vorige aanval alleen op die hoewe gebly. Sy vrou, Hazel (67), het die naweek besorg geraak oor hom en het Sondagoggend na die hoewe tussen Ladybrand en Tweespruit, gery. Sy het op sy lyk afgekom.

Klaus het ná die vorige aanval ’n elektriese heining aangebring, maar het geweier om van die kleinhoewe af weg te trek.
Tobie Bird, ’n jarelange vriend

Klaus is vermoedelik Vrydagoggend vermoor met die swaard, wat hy 50 jaar gelede gemaak het. Die 9 mm-pistool wat hy altyd by hom gedra het, is in die voorval gebuit.

In die vorige aanval op hulle, in Oktober 2015, het Hazel ernstige gesigbeserings opgedoen nadat ’n 24-jarige man wat op die kleinhoewe gewerk het, haar met ’n bottelhouer aangerand en verskeie kere oor die kop geslaan het.

Tobie Bird, ’n jarelange vriend van Klaus, sê hy het ná die vorige aanval ’n elektriese heining aangebring, maar het geweier om van die kleinhoewe af weg te trek.

“Selfs ná die vorige aanval het Klaus steeds die positiewe gesien. Dit is net hoe hy was. Hy het nie toegelaat dat die negatiewe in die land hom onderkry nie en het altyd verkies om dit in iets positiefs te omskep.”

Klaus was ’n gematigde, saggeaarde mens wat altyd gewillig was om te help.

Hy sê Klaus was ’n gematigde, saggeaarde mens wat altyd gewillig was om te help.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die swaard, wat op die toneel gevind is, die moordwapen is. Benewens die pistool, is dit nie duidelik wat nog gesteel is nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Op 7 Junie is die 23-jarige Ruaan King deur ’n groep mans in sy ouerhuis op ’n plaas buite Ladybrand aangeval. Die King-gesin huur die huis by ’n boer. King is aangerand, met messe gesteek en ’n televisie, selfoon en kontant is by hom geroof.

Die rowers het hom in die huis toegesluit voordat hulle gevlug het.

* Volgens Vrystaat Landbou (VL) is die moord op Klaus die derde plaasaanval vanjaar in die Ladybrand-distrik.

Gerhard Kriel, uitvoerende hoof van VL, het simpatie met Klaus se familie betuig.

“Vrystaat Landbou veroordeel die sinlose geweld wat teen boere gepleeg word en vra die landbougemeenskap om aktief betrokke te wees by die strukture van georganiseerde landbou,” sê hy.

Meer oor:  Tobie Bird  |  Kleinhoewe  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.