Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde doen erge kopbeserings in huisroof op

’n Bejaarde vrou van Rustenburg is Donderdagmiddag ernstig beseer toe sy in haar huis aangeval is.

Die vrou, wie se familie gevra het dat haar identiteit beskerm moet word, se kleinseun sê sy ouma was in Pretoria en ’n vriendin het haar by die huis in Leydsstraat afgelaai.

“Iemand moes die erf dopgehou het, want ’n ruk later is sy in die huis aangeval.”

Volgens ’n veiligheidsmaatskappy het die vrou omstreeks 15:00 ’n noodknoppie gedruk. Die maatskappy het die vrou se dogter laat weet dat daar alarm gemaak is, en het by die huis gaan ondersoek instel.

Lede van die gemeenskap, waaronder familielede, het ook na die huis gejaag.

Die aanvallers het die vrou met ’n voorwerp oor die kop geslaan en sy het verskeie kopbeserings opgedoen.

Haar kleinseun sê hy glo dit is ’n groot, swaar voorwerp waarmee sy ouma geslaan is, want die hele kombuis is met bloed besmeer.

Paramedici het sy ouma op die toneel gestabiliseer voordat sy met ’n ambulans na ’n hospitaal geneem is.

’n Skootrekenaar, huis- en motorsleutels en ’n selfoon word vermis.

Hy is baie ontsteld en beweer die polisie het eers drie uur later, ná 18:00, by die huis opgedaag.

“Dit is eintlik skokkend, was dit nie vir private dienste nie, wat sou vandag gebeur het?”

Hy sê sy ouma is stabiel, maar die kopwonde bloei nog erg. Sy is nog nie in die hospitaal opgeneem nie omdat hulle wag vir ’n bed.

Die polisie in Rustenburg het nog nie op ’n skriftelike medianavraag gereageer nie en kon ook nie telefonies bereik word nie.

Meer oor:  Aanval  |  Rustenburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.