Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde dood gekry op plaas naby Kendal

Die polisie was Maandagmiddag nog besig om die toneel te fynkam waar ’n bejaarde man dood aangetref is in sy plaashuis naby Kendal, Mpumalanga.

Volgens bronne is die man op die plaas Leeufontein geskiet. ’n Voertuig en twee selfone word vermis.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak kan word voordat sy familie in kennis gestel is nie, het alleen op die plaas gewoon. Familie het glo onraad vermoed nadat hulle die man vir ’n geruime tyd nie in die hande kon kry nie. Inwoners in die omgewing het gaan ondersoek instel en op die man se lyk afgekom.

Die vermoede is dat die moord tussen Donderdag en Sondag plaasgevind het.

Berigte dat die man gemartel is, kon nog nie bevestig word nie. Die polisie kon nie dadelik op navrae reageer nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Dood  |  Bejaarde  |  Plaashuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.