Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde dood, vrou ernstig beseer in huisaanval

’n Bejaarde man is Saterdagoggend dood en sy vrou ernstig beseer toe hulle deur twee aanvallers in hul huis in Orionweg in Manenberg oorval is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 04:00 gebeur.

Die 70-jarige man en sy 69-jarige vrou is oorval deur twee mans wat vermoedelik deur ’n venster by die huis ingekom het. Die egpaar is vasgebind.

“Hulle is aangerand, gedreig en gedwing om hul besittings oor te gee. Die man is erg aangerand omdat hy weerstand gebied het in ’n poging om sy vrou te beskerm.

“Die vrou het haarself later bevry en na die bure gegaan om hulp te ontbied.

“Die is egter dood voordat die nooddienste opgedaag het. Die vrou het beserings aan haar gesig.”

Die verdagtes het met ’n TV-skerm en ’n selfoon gevlug.

“Die Manenberg se eenheid vir ernstige geweldsmisdaad ondersoek die saak.”

Enigeen met inligting kan die polisie in Manenberg by 021 699 9400 of 08600 10111 bel.

Meer oor:  Manenberg  |  Misdaad  |  Bejaarde  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.