Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar in Bellville aangerand, beroof

In die 30 jaar wat ’n egpaar in hul huis in Bellville naby Kaapstad woon, is hulle nog nooit beroof nie. Maar Dinsdagoggend het hulle die slagoffers geword van ’n hamer- en mesaanval wat die 77-jarige man met 22 steekwonde en sewe houe oor die kop gelaat het.

Volgens die egpaar se dogter het ’n aanvaller met “stokstywe oë” haar pa (77) en ma (75) in hul huis gedreig en haar pa ernstig aangerand.

Die egpaar se name is aan Netwerk24 bekend, maar hulle verkies om anoniem te bly.

“My pa het in die tuin gewerk en toe ’n draai gaan loop. Hy is in die badkamer oorval. Die man het my pa 22 keer met ’n mes gesteek en sewe keer met sy eie hamer oor die kop geslaan,” sê die dogter.

Hy het ook my ouers se chroniese medikasie gevat wat op die kombuistafel was.

“Hy het my ma net rondgestamp, maar sy is gelukkig oukei. Die man het deur die huis geloop en heeltyd geld en juwele gevra. Hy is toe weg met my pa se identiteitsdokument, bankkaart en ’n bietjie kontant.

“Hy het ook my ouers se chroniese medikasie gevat wat op die kombuistafel was.”

Hul dogter sê toe die aanvaller weer by die agterdeur uit is waar hy ingekom het, het haar ma haar jonger suster gebel en hulp gevra.

“Sy woon naby hulle en was toevallig Dinsdag met verlof by die huis. Sy het na hulle huis toe gejaag en my pa hospitaal toe geneem. Hy het baie bloed verloor.”

Die man was Woensdagmiddag steeds in die hoësorgeenheid in ’n hospitaal in Bellville, maar volgens sy dogter was hy weer sy ou self en het grappies en geselsies gemaak. Hy onthou die aanval en onder die omstandighede gaan dit goed met hom, het sy gesê.

“Ons is so bly hy is vir ons gespaar.”

Hy sal dalk ’n operasie moet ondergaan, en volgens sy dokters word ander behandeling ook oorweeg.

Dit blyk dat die rower sy wapens in die huis agtergelaat het en vingerafdrukke is geneem. Hy het glo nie handskoene of ’n masker aangehad nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en aanranding, sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bellville  |  Beroof  |  Aangerand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.