Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar kritiek ná aanval in Ferndale

’n Egpaar in hul 70’s is Sondagnag in hul huis in Longlaan, Ferndale, Randburg, aangeval.

Luidens ’n verklaring deur ER24 het paramedici die man en vrou in die huis aangetref.

“Albei het verskeie steekwonde opgedoen en is in ’n kritieke toestand. Ons verstaan ’n gewapende man het in die vroeë oggendure by die huis ingestorm,” sê Russel Meiring, woordvoerder, in die verklaring.

Die provinsiale polisiewoordvoerder was by navraag nog besig om inligting oor die voorval in te samel.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.