Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar oorleef plaasaanval

’n Bejaarde egpaar van die Delportshoop-distrik in die Noord-Kaap het ’n plaasaanval wonderbaarlik oorleef nadat hulle deur drie gewapende mans in hul plaashuis oorval is.

Chris (78) en Tolla Hattingh (76) van die plaas Eureka, sowat 25 km buite Delportshoop, is Vrydag omstreeks 19:30 in hul plaashuis deur drie mans met klapmusse oorval, met messe gedreig en met elektriese koorde vasgebind.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, provinsiale woordvoerder, is die Hattingh-egpaar nie ernstig in die voorval beseer nie.

Ramatseba sê die booswigte het met ’n onbekende bedrag geld, selfone en ’n wit Ford Ranger-bakkie op die vlug geslaan.

Die bakkie is Saterdagoggend verlate in die Lusaka-nedersetting naby Delportshoop gevind.

Ramatseba sê hulle doen ’n beroep op mense met inligting om speur.konst. Bernard Sebegilwe, ondersoekbeampte, by 060 864 6128 te bel. Enige inligting word vertroulik gehanteer.

Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof. Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.