Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar op plaas aangeval

’n KwaZulu-Natalse bejaarde egpaar is aangerand nadat hulle op hul plaas in Ixopo oorval en met kettings en toue vasgebind is.

Kenneth (87) en sy vrou, E. N. MacKenzie (79), is Vrydag omstreeks 18:00 deur ’n groep onbekende mans oorval toe hulle op pad huis toe was van die lodge wat hulle besit.

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die egpaar na hul huis, wat sowat 100 m van die Amber Inn and Benmore-lodge is, geloop.

“Dit is nog onduidelik waar presies hulle ten tyde van die aanval was,” sê Zwane.

Hy sê die mans het die MacKenzies se gesigte bedek en hulle in hul huis gedwing.

Die mans het die egpaar met kettings en toue vasgebind voordat hulle aangerand is. “Ons weet nie wat gebruik is om hulle aan te rand nie,” sê Zwane.

Hy sê die verdagtes het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug en die polisie is nog onseker oor wat nog gevat is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n huisroofklag.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Aanval  |  Huisroof  |  Vasgebind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.