Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar se aanvallers nog op vrye voet

Die polisie het ’n grootskaalse soektog begin na ’n groep gewapende mans wat polisie-glimbaadjies gedra het toe hulle ’n bejaarde boere-egpaar op ’n plaas buite Sasolburg in die Vrystaat aangeval het.

Allen Peeters en sy vrou, Louise, is Vrydagoggend buite die plaashuis deur die groep mans oorrompel.

Allen is deur die ses mans die huis ingedwing en aangerand. Hy en Louise is vasgebind.

Konst. Joseph Rani, polisiewoordvoerder, sê die rowers het ’n onbekende bedrag geld, kontant, juweliersware en vyf vuurwapens gebuit en in ’n Toyota-bakkie en Toyota Fortuner met Gauteng-nommerplate weggejaag.

Rani sê die polisie soek na die rowers, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting word gevra om kapt. Karen Meyer by 071 671 8278 te bel.

Meer oor:  Vrystaat  |  Sasolburg  |  Aanvallers  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.